• Hannelie Naskool

    Huiswerk, leer dan speel

  • Toets kennis voor eksamens

    Vroegtydig

Hier by Hannelie Naskool in Springbok Straat, Wierdapark, Centurion, weet ons hoe belangrik dit is vir ‘n kind om te “groei” en te “behoort”.

Ons skep ‘n geleentheid in die besige lewe van vandag, waar kinders veilig en belangrik kan voel en ook kan groei.

Daar is tyd vir skoolwerk, aktiwiteite, studeer, maar die belangrikste van alles. Ook tyd om net kind te wees!

Ons bied naskooldienste aan kinders vanaf Graad R tot Graad 7.

ONS BIED/DIENSTE


Hannelie Naskool se skoolure is vanaf 13h00 tot 17h30, Maandae tot Vrydae.

Ons rus gedurende publieke vakansiedae, asook die Desember vakansie.
Maaltye word voorsien. Ons versoek wel dat leerders ietsie te ete saam bring.

Die volgende word gebied:

  • ‘n Vriendelike en veilige milieu waar kinders kan groei in alle opsigte.
  • Mense wat omgee.
  • Hulp met voltooiing van huiswerk.
  • Vakansie-sorg alle vakansies behalwe Desember
  • Vakansie. (Opsioneel)
  • Interaksie met maats.
  • Heerlike ligte middagete en sappie
  • Vervoer. 

MAAND FOOI

Fooie (12 Maande ooreenkoms)  OOREENKOMS AFLAAI
– Op versoek – Kontak ons 0615826247

 

VERVOER

Vervoer na en van skole (Skool verwant) is ingesluit.
Addisionele vervoer (Neem huis toe, sport by ander skole, ens. ) teen addisionele kostes.

 

Kontak Ons

061 582 6247


    CAPTCHA ImageChange Image

    KONTAK ONS 

     

    061 582 6247
    061 508 2492